Berigte
Kriges op die Rugbyveld

Gedurende die Victoriaanse era was dit mode dat jongmanne rugby speel. Ook die jong Kriges het hieraan deelgeneem – op skool, op universiteit en selfs daarna. Daar is talle wat beurse gekry het om oorsee in Engeland te gaan studeer en dan het hulle ook rugby gespeel vir Oxford en Cambridge en selfs nasionaal. Hulle was uitblinkers nie net op die rugbyveld nie, maar ook in hul studies.
Nou wie is hierdie jong Kriges?
Ek vertel hier slegs van een gesin – die sewe seuns van die predikant, Oom Koos Krige.
Oom Koos se spannetjie het reeds op skool in Caledon begin rugby speel – dikwels sommer dan al vir die dorp se eerstepan. En een vir een is hulle na die Victoria College in Stellenbosch om verder te gaan studeer. Hier het hulle nie net gaan leer nie, maar dadelik met die ovaalbal begin hardloop, meestal as agterlynspelers.
Kom ons kyk na wat hulle bereik het!

Japie *1879 ---- Studeer op Maties en word landdros. Hy blink uit in atletiek, krieket, tennis en rugby. As skoolseun van 15 speel hy senter vir die dorpspan, dan vir Maties en vir die nasionale span in 1903 en weer in 1906 op die toer na Engeland wanneer dié span vir die eerste keer Springbokke genoem word. Japie Springbok bly ‘n rugby-legende tot vandag.
Hendrik *1881 -- Na skool werk hy by die bank. Hy blink uit in atletiek en speel rugby vir sy dorpspan.
Kosie *1884 ---- Hy is doof gebore en word kweker by Botrivier. Hy speel nietemin rugby vir sy dorpspan.
Willie *1887 ---- Studeer op Stellenbosch en gaan boer by Grabouw. Hy speel vir die dorpspan en word vir die Springbokke in 1907 tot 1911 gekies.
Tinie *1893 ---- Studeer op Maties en word onderwyser. Hy speel vir Stellenbosch, die WP en OP.
Pietie *1895 ---- Studeer vir tandarts in Londen en praktiseer in Hermanus. Hy speel vir die Maties en vir die Britse Barbarians en later vir WP.
Jannie *1897 --- Studeer vir tandarts in Londen en praktiseer in Caledon. Hy speel vir die Maties en vir die Britse Barbarians en vir Engeland en later vir die WP.
Deel dit:
Bydraes & navrae:
Ander Interessanthede
Troupaartjies
In die amper 300 jaar in Suid-Afrika was daar al amper 3000 huwelike in die Krige-familie. Kom ons kyk na ‘n paar.
Lees verderGenealogie
Genealogie is die deftige woord vir alles wat verband hou met ‘n familie se stamregister. In SA begin so ‘n register by die stamvader – die persoon wat die land binne gekom het...
Lees verder