In die voortyd het koningshuise en adelikes simbole en familiewapens gehad. Mettertyd het die ryker middelstand ook sulke wapens aanvaar. Die grootste deel van die Europese bevolking het egter nie in hierdie tradisie gedeel nie.

In Lienen was ‘n deel van die Krige-familie heel suksesvol as handelaars. Trouens, na hulle is dikwels as die Könige von Lienen verwys. In 1702 maak hierdie familie ‘n skenking aan die plaaslike Reformierte Kirche en met vergunning kon hulle hul familiewapen op die glas van ‘n prominente kerkvenster aanbring. Hierdie afbeelding is die oudste en mees outentieke weergawe van die Kriges van Lienen se wapen wat nog beskikbaar is.

Kriege familiewapen op glasvenster

Hierdie wapen toon ‘n mannetjie met ‘n swaard in sy hand. Sy mondering bevestig egter dat hy eerder ‘n handelaar is en beslis nie ‘n kryger nie. In sy hand hou hy die Swaard van Geregtigheid.

Sy mondering bevestig egter dat hy eerder ‘n handelaar is en beslis nie ‘n kryger nie

Rondom die kerkplein in Lienen loop ‘n straatjie met die passende naam Kirchplatz. By nommer 6 woon Frau Elisabeth Kriege. Sy is die waardige matriarg van die welvarende handelaarsfamilie. Sedert 1973 vind daar gereelde briefwisseling en besoeke tussen haar en die SA Kriges plaas. ‘n Verstandhouding van vertroue word opgebou wat daartoe lei dat sy skriftelike toestemming verleen dat die Kriege-wapen van Lienen ook deur die Krige-Bond van SA gevoer mag word. Sy sluit haar skrywe af met die wekroep: Das Kriege-wappen soll nun im südafrikanischen Familiewappen sein Auferstehung feiern. Die Kriege-wapen sal nou sy herontwaking in die SA Krige-wapen vier! Dit is in effek ‘n simboliese handeling wat daaop dui dat die Kriges van SA as deel van die oorspronklike Kriege familie van Lienen aanvaar word.

Kige heraldiek navorsing
Links-bo: Ode Krige saam met Frau Elisabeth Kriege en haar dogter voor Kirchplatz 6 in Lienen. Links-onder: Ode en Johan Krige saam met Dr C Pama – outeur van SA Familienaamboek. Regs: Die familiewapen van die Kriges – 'n handelaar in rooi geklee met die swaard van geregtigheid.

Heraldiese publikasies in SA toon verskillende familiewapens vir die Kriges aan. Sulke weergawes kan maklik terug herlei word na voorbeelde in Europese publikasies soos Rietstap waaruit wapens van sigbaar enersluidende familiename dikwels oorgeneem word. Nie een van hierdie voorbeelde het ‘n historiese verband met die Krieges in Lienen nie. Die Lienen-wapen of te wel die mannetjie met die swaard verskyn egter in Dr C Pama se laaste en mees-gesaghebbende boek met die titel SA Familienaamboek [1983]. Hierdie insluiting in die boek is deur die Krige-Bond geïnisieer.

Krige familiewapen in Die Groot Afrikaanse Familienaamboek

Die digitale era

Met die herontwerp van die Krige Bond se webtuiste in 2020 het 'n aanpasbare digitale weergawe van die Krige-familiewapen noodsaaklik geword. Na aanleiding van hierdie behoefte – en met noukeurige bestudering van die bronmateriaal – is hierdie interpretasie deur grafiese ontwerper Imar Krige in vektorformaat geteken:

Krige familiewapen 2020 deur Imar Krige
Krige familiewapen 2020 deur Imar Krige
Krige familiewapen 2020 deur Imar Krige

Meer oor ons herkoms

Geskiedenis

Die oudste dokument waarop hierdie familienaam verskyn is ’n kerklike staat gedateer 21 Maart 1400. Daarop verskyn die Kryghe-hus se jaarlikse bydrae aan die Kerk...

Lees verder