Die Kriges se verbintenis met Stellenbosch strek oor bykans 300 jaar. So ook met Moedergemeente. In onlangse tye word generasie 10 nog voor hierdie statige preekstoel gedoop!

In 1842 word ‘n gedeelte van die kerkperseel op ‘n veiling afverkoop. Die koper is WA Krige III van die plaas Uiterwyk buite Stellenbosch. Op hierdie hoekperseel laat hy vir sy gesin en nageslag ‘n prominente grafkelder bou. Die argitek is Carl Otto Hager van Dresden in Duitsland en hy sou later in 1863 ook die kerkgebou voor die grafkelder ontwerp en bou.

Skets van Krige Grafkelder by Moederkerk in Stellenbosch

Die grafkelder was egter vir slegs ‘n kort tydjie in gebruik en net WAK III en sy vrou is daarin begrawe. Toe die kerkraad later besluit om begrafnisse op die perseel te staak, is hulle twee elders her-begrawe. Weens onbenutting raaak die grafkelder verwaarloos en word gevolglik in 1967 gesloop. Met behulp van ‘n ou foto in die Kaapse Argiewe was dit egter moontlik om die gebou in 2008 te herbou, presies soos dit oorspronklik gelyk het.

Die grafkelder onder konstruksie en soos in 2008 voltooi
Die grafkelder onder konstruksie en soos in 2008 voltooi

Die buitekant is ‘n getroue weergawe van die Hager-ontwerp – iets wat vir bewaringsgesindes van belang was. Die binnekant is egter vir die Krige-familie ingerig. Daar is 139 nissies teen drie mure ingebou met die oog op as-leggings van afgestorwenes. Daar is ook ‘n historiese muurplaat en uitstalkassies met wetenswaardighede daarin.

Krige Grafkelder – uitleg van nissies

Die nissies is planmatig aan die 12 takke van die familie toegeken. ‘n Nissie kan gekoop word :

  • vir as-legging van ‘n gestorwe Krige
  • as gedenksteen vir ‘n voorouer
  • vir toekomstige eie gebruik.

Die Krige-Bond het ‘n Ooreenkoms met die Kerkraad oor eienaarskap aangegaan en tree op as verhuurder van nissies aan Kriges. Die Krige-Bond sluit dus ‘n sekondêre ooreenkoms met enige afstammeling van die stamvader WA Krige.

Huur van 'n nis in die Krige Grafkelder

Laai gerus die vorm af en vul dit in om vir die huur van 'n nis aansoek te doen:

Ander Projekte

Krige Nuusbrief

Die Krige-Bond gee sedert 1976 ‘n Nuusbrief uit. Die nuusbriewe beslaan reeds meer as 1,000 bladsye met berigte en beeldmateriaal oor die breë familie.

Lees verder

Museum & Argief

Alle Krige-aandenkings wat sedert 1970 versamel is, word in die Krige Museum en Argief in Stellenbosch by Caledon Villa bewaar.

Lees verder

Byeenkomste

Krige-byeenkomste in Suid-Afrika is reeds in 1973, 1976, 1981, 2001, 2010 en 2022 gehou. Die byeenkoms in 1973 is deur meer as 300 verwante bygewoon!

Lees verder