Die Krige Annale is ‘n nuwe boek oor die Kriges in Suid-Afrika.

Dit vertel die verhaal van die stamvader wat op die platteland in Wesfale grootword en dan besluit om op ‘n skip te klim en êrens in die wêreld ‘n nuwe begin te gaan maak. Die Kaap was nie sy oorspronklike bestemming nie, maar weens haglike omstandighede op die skip bly hy hier agter as die skip Het Vaderland Getrouw verder ooswaarts vertrek. Dink net daaraan as hy wel in die Verre Ooste beland het …… dan het ons klomp hier aan die suidpunt van Afrika glad nie bestaan nie!

Die verhaal gaan voort. Generasies Twee en Drie bly nog Kapenaars, maar dan klim die volgende geslagte op die ossewa, die muilwa en die perdekar en sypel die binneland in. Hulle word pioniers: landbouers en bankbestuurders en nog baie ander maniere om elders ‘n bestaan te kan maak. Hulle trek weswaards, noordwaarts en ooswaarts terwyl ander nasate selfs die landsgrense oorsteek. Dis ‘n verhaal in vele skakerings wat dikwels met groot opoffering gepaard gaan.

Maar die verhaal vertel ook van voorspoed en welvaart en prestasies. Dit wek by die leser die gevoel van verwondering oor hoe die geskiedenis verloop. As die stamvader nie toevallig op Boschendal gaan werk het nie, dan het hy nie met die stammoeder getrou nie en haar familie De Villiers se bydrae tot sy nasate sou verlore gegaan het. En hierdie proses van seleksie herhaal hom telkens by elke generasie wat sou volg...

Die Krige Annale laat die leser in verwondering nadink oor herkoms –
veral as hy of sy die familienaam dra.

Ander Interessanthede

Historiese Opstalle

Meeste Kriges kan hul herkoms aan ‘n plaas koppel. Kom ons begin by die oudste van hierdie ses plase.

Lees verder

Heimat

Die vraag is al oor baie generasies gevra: Waar kom die Kriges vandaan? Die antwoord was gerieflik breed gestel: uit Duitsland, natuurlik! Eers teen 1972 kon ons ‘n volledige...

Lees verder

Wat het van die Krige Fees 300 geword?

Nuwe datums in 2022 vir die Krige Fees

Lees verder