Die Krige-Bond gee sedert 1976 ‘n Nuusbrief uit. Die jongste volgnommer is 116 gedateer 2018. Die nuusbriewe beslaan reeds bykans 1 000 bladsye met berigte en beeldmateriaal oor die breë familie.

Krige gesin sit hand by met nuusbriewe
Om die Nuusbriewe te versend, was dit nodig dat lede van die gesin hand bysit. Bo-oor die eettafel hou die antieke Wesfaalse hanglamp van 1725 ‘n ogie oor alles. Van links na regs: Maia, Dawie, Detlev, Ode en Retief.

Die eerste nommers is aanvanklik op ‘n outydse tikmasjien geskryf. Waar dit nodig was, is tikfoute met Tipp-Ex herstel en daarna met die hulp van wasvelle gedupliseer en finaal met ‘n langnek krammertjie gebind. Die adressering en versending van honderde eksemplare was ‘n tydsame proses.

Die handmasjientjie wat gebruik was om telkens sowat 400 koeverte te adresseer
Die handmasjientjie wat gebruik was om telkens sowat 400 koeverte te adresseer

Met die koms van elektroniese hulpmiddels, grafiese ontwerp en digitale drukkers is die eindproduk tegnies- gesproke aansienlik mooier gemaak. Hierdie oorgang is veral opvallend sedert Nuusbrief 66.

Alle uitgawes van die Nuusbrief is op hierdie webtuiste beskikbaar – die oues bloot geskandeer. Toekomstige uitgawes word elektronies aan alle Kriges volgens die adreslys van die Krige-Bond gestuur, maar sal ook outomaties op die webtuiste afgelaai word.

Voorbeelde van Krige nuusbriewe deur die jare

Die Nuusbrief bevat wetenswaardighede oor die breë familie. Hierdie berigte is egter tydloos en kan dus strek vanaf inligting uit die verre verlede tot beplanning vir toekomstige gebeure.

Die inhoud van die Nuusbrief is steeds afhanklik van bydraes wat deur Kriges verskaf word. Stuur gerus enige teks of beeldmateriaal aan onderstaande adres. Dit sal óf gepubliseer óf minstens in die Argief opgeneem word.

Ander Projekte

Museum & Argief

Alle Krige-aandenkings wat sedert 1970 versamel is, word in die Krige Museum en Argief in Stellenbosch by Caledon Villa bewaar.

Lees verder

Krige Grafkelder

Die Kriges se verbintenis met Stellenbosch strek oor bykans 300 jaar. So ook met Moedergemeente.

Lees verder

Byeenkomste

Krige-byeenkomste in Suid-Afrika is reeds in 1973, 1976, 1981, 2001, 2010 en 2022 gehou. Die byeenkoms in 1973 is deur meer as 300 verwante bygewoon!

Lees verder