In die outyd het welaf families vir hulle grafkelders op die perseel rondom die kerkgebou laat oprig. Die strukture is hoofsaaklik ondergronds – soos die naam kelder ook impliseer – maar die Kriges van Uiterwyk het een stap verder gegaan.

Willem Adolph, die kleinseun van die stamvader, kry ‘n argitek van Dresden uit Duitsland om vir hom ‘n properse bogrondse graf te ontwerp en te laat bou.

Willem en sy vrou Elizabeth is wel in die graf begrawe, maar kort daarna word besluit dat die gebruik gestaak word en dat dooies in die munisipale begraafplaas begrawe moet word. Willem en sy vrou word herbegrawe en die spesiale grafkelder raak in onbruik en later gesloop.

Teen die jaar 2000 word ‘n ou foto van die oorspronklike grafkelder in die Kaapse Argief gevind. Dit dien as aansporing om dieselfde grafkelder weer op te rig. Na jarelange onderhandelinge met al die bewaringsowerhede word goedkeuring verkry om dit met die hulp van ‘n kundige argitek op te rig. Binne in die gebou word 139 nissies ingerig en aan Krige-afstammelinge verkoop. Met hierdie fondse word die projekkoste gedelg en die geboutjie word in 2008 amptelik ingewy.

Die inwydingsfunksie het groot belangstelling gelok en daar was prominente beriggewing in die pers. Daar is min families in die land wat so ‘n simboliese geboutjie kan koester!

Ander Interessanthede

Kriges in die Mediese Beroep

Ontmoet 'n paar van die Krige familie se geneeskundiges.

Lees verder

Krige Nuusbriewe

Vanaf 1976 word ‘n nuusbrief saamgestel, gedruk en aan adresse versprei. Destydse was dit aan ‘n paar honderd Kriges deur die land gepos...

Lees verder

Historiese Opstalle

Meeste Kriges kan hul herkoms aan ‘n plaas koppel. Kom ons begin by die oudste van hierdie ses plase.

Lees verder